Die vermiste Lucinda Laubscher (14) van Kaapstad is verlede week gevind nadat sy vir amper ʼn maand lank vermis was.
Maroela Media het verlede week berig dat Lucinda glo saam met ʼn man genaamd Zakaria (23) in Johannesburg gesien is. Lucinda was sedert 11 Junie vermis nadat sy die laaste keer by haar huis in Table View gesien is. Dit is nie duidelik of Lucinda vrywillig by die man was en of hy haar ontvoer het nie.
Maroela Media wag nog vir terugvoer van die Wes-Kaapse polisie vir meer besonderhede oor die saak.
Missing Children SA het intussen die polisie bedank vir hul harde werk en deursettingsvermoë om haar op te spoor.