Vermiste 22-jarige dood aangetref

Argieffoto. Foto: NSRI

Die liggaam van ʼn 22-jarige man van St Lucia in KwaZulu-Natal is Dinsdag gevind nadat hy Maandagmiddag vermis geraak het toe hy gaan swem het.

Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die man het Maandag omstreeks 16:30 in middellyf-diepte water gestaan toe hy deur ʼn sterk seestroom meegesleur is.

“Verskeie reddingswerkers het ʼn soektog na die man van stapel gestuur. Toe die helikopter by die toneel opdaag, was daar geen teken van die man nie. Die soektog is later die aand weens swak lig gestaak en is Dinsdagoggend met eerste lig weer hervat. Die man se liggaam het op die strand uitgespoel,” het Lambinon gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.