Vermiste 63-jarige vier dae later opgespoor

Paramedici behandel die vrou nadat sy opgespoor is Foto: ER24

Paramedici behandel die vrou nadat sy opgespoor is Foto: ER24

ʼn 63-jarige vrou wat op Oujaarsaand vermis geraak het, is Vrydag in ʼn kloof naby haar huis in Richmond, KwaZulu-Natal, opgespoor.

“Sy was erg ontwater en ondervoed,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “Sy het ook talle sny en skrape opgedoen toe sy vermoedelik in die kloof geval het.”

Die vrou is Vrydagoggend na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Dit is nie duidelik hoe sy in die kloof, naby aan haar huis in Byrne-vallei, beland het nie. “Sy was baie deurmekaar en kon nie besonderhede oor die voorval verskaf nie,” het Vermaak gesê.

Die vrou se vriende het die polisie in kennis gestel toe hulle Dinsdag ontdek het sy is nie tuis nie. “Hulle het gesê dit is onwaarskynlik dat sy die huis sou verlaat sonder om enigiemand in kennis te stel.”

Die polisie sal die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.