Vermiste 8-jarige dood in Pretoria gevind

ʼn 8-jarige meisie wat sedert Maandag vermis is, is Donderdag dood in Pretoria aangetref.

Ao. Matthews Nkoadi, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê Angie Mabutho se liggaam is naby ʼn winkelkompleks in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, gevind. Haar kouse en onderklere was vermis. Sy was Maandagmiddag vir die laaste keer gesien toe sy van haar skool na haar huis toe geloop het.

Twee mans is reeds in verband met haar dood in hegtenis geneem. Hulle moet binnekort in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.