Vermiste 8-jarige se liggaam opgespoor

Lighuis by Mouille Point in Kaapstad

Die polisie in die Wes-Kaap het op die vermiste agtjarige dogter se liggaam afgekom nadat sy van die rotse by ‘n strand naby Mouille Point in Kaapstad afgeslaan is.

Die kind het Dinsdagoggend in die see verdwyn, berig EWN. Duikers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Woensdagoggend die soektog oorgeneem, terwyl die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) hulle bygestaan het. Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van Kaapstad se rampbestuureenheid, het gesê beraders sal die dogter se gesin bystaan. “Die maatskaplike werkers sal na die ma en naasbestaandes se huis gestuur word,” het hy gesê. “Die liggaam sal na die staatslykhuis geneem word waar ‘n nadoodse ondersoek uitgevoer sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.