Vermiste bejaarde vrou se lyk gevind

‘n Vrou wat in Jozini in die noorde van KwaZulu-Natal ontvoer is, is Vrydag dood gevind in Ubombo.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Jay Naicker, sê Reita van Vuljk (66) was sedert Maandag vermis toe haar Toyota Hilux gevind is waar dit naby Hluhluwe omgeslaan het. “Woensdag het ‘n ondersoek die polisie na ‘n 23-jarige man gelei wat die bakkie na bewering bestuur het toe dit omgeslaan het.”. Die man is in hegtenis geneem. Hy het die polisie inligting gegee om Van Vuljk se lyk te vind. Haar lyk is later naby ʼn krans in Ubombo gevind. Nog twee mans is later in hegtenis geneem. Die drie verdagtes sal Maandag in die Ubombo-landdroshof op aanklagte van diefstal, ontvoering en moord verskyn. Die KwaZulu-Natalse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Weziwe Thusi, het die moord op Van Vuljk ten sterkste veroordeel. “Sy het saam met die departement gewerk om ʼn kinder- en jeugsentrum op die been te bring en dit is baie hartseer dat sy in dieselfde gemeenskap doodgemaak is waar sy probeer help het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.