Vermiste Bloem-seun dood gevind

Pena Herbert Cutywa

Die polisie is op soek na ‘n 32-jarige verdagte nadat die liggaam van ‘n sesjarige seun, wat verlede Maandag ontvoer is, Saterdag in Bloemfontein gevind is.

Lt.kol. Annelie Wrensch, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, sê Kamohelo Molotsi het erge wonde aan sy gesig gehad, berig OFM.

Volgens Wrench is die polisie is op soek na Pena Herbert Cutywa, wat Maandagmiddag na skool glo die seun ‘n saamrygeleentheid aangebied het. Cutywa en Molotsi se ma, Lerato, was glo in ‘n verhouding gewees, maar sy het dit beëindig. Lerato het glo ʼn dreigende SMS-boodskap van Cutywa ontvang voordat Kamohelo ontvoer is. Skoolleerlinge het glo gesien hoe Molotsi ná skool in Cutywa se voertuig inklim.

Bron: OFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.