Die polisie is op soek na ‘n 32-jarige verdagte nadat die liggaam van ‘n sesjarige seun, wat verlede Maandag ontvoer is, Saterdag in Bloemfontein gevind is.
Lt.kol. Annelie Wrensch, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, sê Kamohelo Molotsi het erge wonde aan sy gesig gehad, berig OFM.
Volgens Wrench is die polisie is op soek na Pena Herbert Cutywa, wat Maandagmiddag na skool glo die seun ‘n saamrygeleentheid aangebied het. Cutywa en Molotsi se ma, Lerato, was glo in ‘n verhouding gewees, maar sy het dit beëindig. Lerato het glo ʼn dreigende SMS-boodskap van Cutywa ontvang voordat Kamohelo ontvoer is. Skoolleerlinge het glo gesien hoe Molotsi ná skool in Cutywa se voertuig inklim.
Bron: OFM