Vermiste Bloem-tiener se liggaam gekry

Machaka Radebe

Machaka Radebe (16). (Foto: SAPD).

Die liggaam van ʼn tienermeisie van Rocklands in Bloemfontein wat vermoedelik ontvoer is, is Maandag gekry nadat ʼn grootskaalse soektog vroeër na haar op tou gesit is.

Machaka Radebe (16) se broer het haar Saterdag die laaste keer lewend gesien.

Die sibbe was tuis by hul huis in Thakalekwala-straat besig om ʼn middagslapie te geniet. Machaka was nie in haar kamer toe haar broer om 12:45 na haar gaan soek het nie. Hy het haar op haar selfoon probeer bel, maar ʼn onbekende man het geantwoord en geld geëis. Die persoon het gedreig om Machaka dood te maak.

Die seun en sy ma is daarna saam na die Kagisanong-polisiekantoor om die voorval aan te meld.

Machaka se liggaam, met ʼn steekwond in haar rug, is Maandagoggend ontdek nadat ʼn verbyganger in uitbreiding 9 van Rocklands haar liggaam in ʼn veld gesien het.

Die polisie is ontbied en Machaka is op die toneel dood verklaar.

Lt.genl. Baile Motswenyane, polisiekommissaris in die Vrystaat, het ʼn ondersoekspan opdrag gegee om Machaka se moord te ondersoek en die skuldiges vas te trek.

Sy het ook ʼn beroep op die span gedoen om steeds te soek na Lesego Mamello Motaung (22) en Lerator Masiu (23), nog twee jong mense wat vermis word. Masiu is laas op 16 November gesien toe sy om 12:00 die middag haar huis saam met ʼn onbekende man verlaat het. Besonderhede oor Mamello se verdwyning op 30 Oktober is nie bekend gemaak nie.

Enigiemand met inligting kan kol. Bolsiek by 082 466 8530 skakel of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Inge ·

Dit is verskriklik! Sy het dit nie verdien nie, so pragtige meisie wat haar hele lewe voor haar gehad het. Wie het die reg om dit weg te neem van haar? Sjoe dis baie erg. Ek hoop regtig die persoon/e wat dit gedoen het word gevang.

Euodia ·

Dit is verskriklik!!! Ja mens se lewe niks werd in die land. Simpatie met haar familie.

Keelvol ·

@witbaard, mense wat die polisie die heeltyd so uitkryt, is self te bang om die werk van die polisie te doen. Hulle leef tegemaklik in hulle eie verbeeldings wêreld, want hulle is naief genoeg om te glo wat hulle op tv sien, is hoe die polisie moet werk.

M ·

Dit is hartverskeurend !!!

So 55-60 jare gelede, kon ek en my maters nog bedags/saans buite speel sonder vrese. Kattekwaad het niks banaal, vernietigend of enigsins skade veroorsaak nie. Ons was bevoorreg om te kon lag en speel.

Hierdie berig laat my “verstaan” waarom baie jong-mense vandag eerder hulself besig hou met “Elektronies aktiwiteite” binneshuis. Dit is veiliger as om selfs “net gou Kafee” toe te stap. Dit is ook ‘n séér verhaal.

Jillian ·

@keelvol. Jy kan maar sê wat jy wil maar 80% van die polisie is corrupt. Die ander 15% is so oorvreet hulle beteken niks en 5% is nog eerbaar. Die polisie is nie meer wat hulle 20 jaar terug was nie. Gaan kyk maar na die statistics.

Michael ·

@keelvol ,die polisie doen nie hulle werk nie en daarom styg die misdaad en oor die bang gedeelte is dit net jou opinie.

Bolandse Nooi ·

“Say it loud and clearly”: kry al die Nigerians uit ons land en 80% van die misdaad en ontvoerings sal stop.

trotsNAMSA ·

Keelvol, ek stem saam met jou. Moes daar ‘n Polisiebeampte in elke huishouding gestasioneer word ? Almal wat so kla, sluit aan by die SAPD en as jy te dik is, laat jou seun of dogter aansluit, ten minste doen hulle iets positiefs vir SA, ek hoop dat hulle weet waar SA is. Ouers, weet julle NOU waar jou kinders is en waarmee hulle besig is. SA’ners begin om binne jou gesin skoon te maak. Los die SAPD lede uit, hulle werk hard terwyl ander kan rondlê. Moet ook nie die SAPD bel indien jy ‘n probleem het nie, doen sommer self die ondersoek. Los my kollegas uit !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.