Vermiste Boksburg-man se saak opgelos

Gerhard Breytenbach (43) van Boksburg wat vroeër vandeesmaand as vermis aangemeld is, is dood aangetref in Pretoria.

Breytenbach was op 4 Julie vir die laaste keer in Boksburg in ʼn wit Uno Fire gesien. Hy is by die Boksburg-polisiestasie as vermis aangemeld. Sy liggaam is op 6 Julie in die Ga-Rankuwa-hospitaal, Pretoria, gekry en ʼn ondersoek is van stapel gestuur.

Luitenant Juanita Coetzer het Donderdag aan Maroela Media gesê Breytenbach se voertuig is, kort nadat hy as vermis aangemeld is, in Rosslyn, in die noorde van Pretoria, gevind. “ ʼn Verbyganger het hom in ʼn kritieke toestand in sy voertuig aangetref en hulp ontbied. Breytenbach is na die hospitaal geneem en is op 5 Julie omstreeks 23:00 in die hospitaal dood verklaar. Geen vuilspel word vermoed nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Neels Faber ·

Die artikel maak net nie sin nie.

Jul beweer sy motor is gevind kort nadat hy as vermis aangegee is (om en by die 6de Julie 2012 al), maar tog het sy familie eers daarvan te hore gekom op die 22 Julie 2012.

Hoe is dit moontlik dat met vandag se tegnologie hul nie onmiddelik in kennis gestel kon word nie.

Maar nou ja, my gebede is met Gerhard se familie en vriende. Hy was ‘n ongelooflike persoon. Rus in vrede meneer.

Nico Strydom ·

Haai Neels

Ek is seker die familie is in kennis gestel dat sy motor wel gevind is. Dit was egter nogsteeds hierna nie duidelik waar hy hom bevind het nie. Die familie is wel later in kennis gestel dat sy liggaam in die Ga Rankuwa-hospitaal gevind is. Die proses kan partykeer lank vat aangesien die persoon nie noodwendig identifikasie by hom of haar gehad het nie. Die inligting word eers later dan aan die media bekendgemaak wanneer die persoon positief geidentifiseer is.

Hoop dit verskaf meer duidelikheid

Vriendelike groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.