Vermiste dogtertjie “bedwelm” in buurman se huis gevind

ʼn 5-jarige dogtertjie van Tafelsig in Kaapstad wat sedert Woensdag vermis was, is Donderdag glo “bedwelm” in ʼn nabygeleë buurman se huis gevind.

Die dogtertjie is deur drie plaaslike inwoners opgespoor wat deel was van ʼn span wat na die meisie gesoek het, berig die Cape Argus. Sy is vier huise van waar sy bly opgespoor nadat die man wat daar bly se kleinseun vir die soekspan gesê het waar sy is.

“Ons is na die huis en die deur was oop. Ons het die dogtertjie op die bed sien lê. Sy was skaars by haar bewussyn toe ons haar gekry het. Haar tong het by haar mond uitgehang. Dit het gelyk asof sy bedwelm was,” het een van die inwoners gesê. Die kind is na ʼn hospitaal geneem waar sy ondersoek is en tans aansterk. Haar ma is by haar.

Die polisie, wat aanvanklik eers die kind se pa in hegtenis geneem het, soek nou na die buurman op ʼn aanklag van ontvervoering.

Kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, sê hulle vermoed die kind is teen haar wil aangehou en die polisie benodig die hulp van die gemeenskap om die verdagte aan te keer.

“Ons kan in die stadium bevestig dat die polisie ʼn saak van ontvoering ondersoek. Ons kan ook bevestig die kind is na ʼn hospitaal geneem vir mediese ondersoek,” het Van Wyk gesê.

Bron: Die Cape Argus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Minda ·

Dit is nou baie swak gestel:

spelling van ontvoering (ontververvoering) gee wwhizz
EN

“hulle vermoed sy is teen haar wil aangehou”.. my magtig sy is 5 jaar oud.
Sy’s bedwelm (“skaars by haar bewussyn”) in een of ander vark se huis gekry, natuurlik is dit teen haar wil………….

Cecilia O'Connell Behrens ·

Daar is nie raad vir sulke mense nie!!!! Bring die doodstraf terug vir die wat nie lewe oor n ander gun nie.Verwyder hulle permanent vd aarde af!!

Cecilia O'Connell Behrens ·

Daar is nie raad vir sulke mense wat nie die reg op lewe vir n ander gun nie.Hierdie mense gee geweldig probleme en hartseer….Daar is net een raad…raak ontslae van hulle.Brind die doodstraf terug!!
Tronke is vol.Tronke kos baie geld.Daar is mense buite wat doodgaan van die honger,terwyl die moordenaars kos het om te eet.Get rid of them!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.