‘Vermiste’ drawwer koop glo treinkaartjie

Paule-Henry Botha

Paule-Henry Botha (43), wat vroeër die maand as vermis aangemeld is, het glo ʼn treinkaartjie gekoop vir die Shosholoza Meyl.

Maroela Media het vroeër berig dat Botha sedert 11 Oktober vermis word nadat hy die oggend gaan draf het. Botha se huismaat, Jana Cloete (29), het die oggend saam met hom na ʼn treinstasie toe gery. “Hy het sy drafklere aangehad – ‘n rooi T-hemp, swart kortbroek en rooi tekkies. Dit is die laaste keer wat ek hom gesien het,” het Cloete gesê. Volgens Missing Children het Botha ‘n treinkaartjie vir die Shosholoza Meyl gekoop maar is dit nie duidelik waar hy hom tans bevind nie. ʼn Ondersteuningsgroep vir Botha op Facebook, berig: “Dit lyk asof Paule-Henry besluit het om te verdwyn. Waarheen hy op pad is of wat die redes agter sy besluit is kan ons net oor wonder. Ons hoop hy is veilig. Baie dankie vir almal se hulp, raad, gebede en ondersteuning.”

Enigiemand met inligting word versoek om met sersant Hilton Malila by 021 442 3151 in verbinding te tree, of Crime Stop te kontak by 086 001 0111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.