Vermiste drawwer opgespoor

Paule-Henry Botha

Paule-Henry Botha (43), wat vroeër die maand as vermis aangemeld is, is opgespoor en veilig.

Maroela Media het vroeër berig dat Botha, van in Observatory in Kaapstad, sedert 11 Oktober vermis word nadat hy die oggend gaan draf het. Botha se huismaat, Jana Cloete (29), het die oggend saam met hom na ʼn treinstasie toe gery. “Hy het sy drafklere aangehad – ‘n rooi T-hemp, swart kortbroek en rooi tekkies. Dit was die laaste keer wat ek hom gesien het,” het Cloete gesê.

Cloete het Maandag op Facebook gesê: “Goeie nuus! Ek het met Paule-Henry oor die foon gepraat en hy is ‘ok’! Daar is nog nie duidelikheid oor wat gebeur het nie. Hy is baie emosioneel, maar in ʼn plek van veiligheid.”

Cloete het almal bedank vir hul ondersteuning en gebede. “Mense het my op ʼn baie goeie manier verras hierdie afgelope week en ʼn half wat soos ’n ewigheid van hel gevoel het,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.