Vermiste entomoloog steeds soek

Dr. Pawel Jaloszynski. Foto: LookLocal

Die soektog duur voort na ʼn Poolse entomoloog wat Sondag vermis geraak het teen die hange van Mariepskop naby Hoedspruit.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, sê Dr. Pawel Jaloszynski het Sondag saam met ʼn groep studente navorsing gedoen op insekte op die berg toe hy vermis geraak het. “Ons het spanne van Limpopo en Mpumalanga wat aan die soektog deelneem.” Dit is nog bie bekend aan watter akademiese instelling Jaloszynski verbonde is nie. Mariepskop is een van die hoogste pieke van die Drakensberg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.