Vermiste juffrou se verminkte liggaam gevind

Die verminkte liggaam van ʼn vermiste onderwyseres is Vrydag naby Potchefstroom, in Noordwes, gevind.

Die 43-jarige vrou van Ikageng in Potchefstroom is op 31 Mei ontvoer. Sy is die laaste keer gesien toe sy Randfontein in Gauteng verlaat het om haar motor in Klerksdorp te gaan haal.

Volgens brigadier Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, is die liggaam omstreeks 11:45 op ʼn plaas gevind. “Haar kopvel is verwyder en daar is krake op haar skedel. Albei haar ore het naby haar liggaam gelê. Daar is ook stene met bloed op naby haar liggaam gevind. Daar word vermoed dat sy daarmee doodgeslaan is.” Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.