Vermiste Kaapstad-man dood aangetref

ʼn Man van Kaapstad wat sedert Saterdag vermis word, is Maandag dood in sy voertuig aan die onderkant van ʼn krans opgespoor.

Volgens Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het die 29-jarige man se familie die NSRI gevra om ʼn soektog langs die kuslyn van stapel te stuur. Hulle was bevrees dat sy voertuig die R44-pad êrens tussen Kleinmond en Gordonsbaai verlaat het nadat hy nooit by sy eindbestemming in Kaapstad aangekom het nie.

Sy gesin het hom Saterdag by die polisie as vermis aangemeld. Volgens Lambinon het NSRI-reddingspersoneel die man se voertuig Maandagmiddag by Dappat Se Gat naby Koggelbaai opgespoor. Sy liggaam was steeds in die voertuig. Die man se naam is nog nie bekendgemaak nie.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.