Vermiste Kaapstad-seuntjie ná 18 maande veilig opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vierjarige seuntjie van Kaapstad wat in Junie 2012 deur sy pa ontvoer is, is veilig in Evaton in Gauteng opgespoor.

“Die seuntjie is Vrydag by sy 62-jarige ouma opgespoor,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, Maandag gesê.

Die seuntjie is uit Muizenberg ontvoer.

“Die kind is intussen met sy ma in Kaapstad herenig.”

Nadat die polisie die pa se vriendin ondervra het, is die 29-jarige pa Saterdag in Makotopong naby Mankweng in Limpopo vasgetrek. Die inhegtenisneming was ‘n gesamentlike poging deur die polisie in die Wes-Kaap, Gauteng en Limpopo.

Die man sal Dinsdag in die landdroshof in Muizenberg verskyn op aanklag van ontvoering en aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.