Vermiste kanovaarder dood aangetref

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn kanovaarder wat Saterdag verdwyn het, is Dinsdag in die Klipdriftdam, 25km buite Potchefstroom gevind.

Volgens Lyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het die man, in sy laat 40s, verdwyn nadat hy op dié dam met sy kano gaan vaar het. “Die polisie se duik-eenheid is na die dam ontbied nadat die man se familie hom Saterdag by die brandweer as vermis aangemeld het,” het Majija gesê. “Die duik-eenheid het sedert Saterdag na die man gesoek. Die man het ʼn reddingsbaadjie aangehad, so dit is nie duidelik hoe hy verdrink het nie. Die moontlikheid bestaan dat die man deur sy klere onder die water in getrek is, omdat dit relatief swaar was.”

Die polisie se forensiese eenheid is op die toneel om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.