‘Vermiste’ kind se lyk in vullisdrom gevind

ʼn 11-jarige kind wat verlede naweek as vermis aangemeld is, se liggaam is gisteraand in ʼn vullisdrom gevind.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 11-jarige seun van Jabavu in Soweto is Maandagoggend as vermis aangemeld. “Die seun se pa het gisteraand iets vreemds geruik in die motorhuis.” Makhubela sê die pa het sy seun se liggaam in ʼn vullisdrom in die motorhuis gevind. Die liggaam het reeds gedeeltelik begin ontbind. Die seun se oorsaak van dood is nog nie bekend nie. Makhubela sê die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.