Vermiste kind se lyk in vrieskas gekry

Die liggaam van ʼn vermiste 9-jarige meisie is Sondag in ʼn vrieskas in haar huis in Eersterust, Pretoria, gevind.

Die kind se ma het haar Saterdag as vermis aangemeld.

Volgens konstabel Sam Shibambo, ʼn polisiewoordvoerder, is die kind se liggaam die volgende middag ontdek. Shibambo kon nie meer inligting bekend maak nie en het gesê die polisie is besig met die ondersoek.

Die kind se stiefpa is later die dag in hegtenis geneem. Na wat verwag word, gaan die man Maandag in die Pretoria-landroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.