Anet Reynolds, ʼn 56-jarige vrou van Krugersdorp wat verlede week vermis geraak het, is veilig en ongedeerd opgespoor.
Maroela Media het vroeër berig Reynolds is verlede Donderdag omstreeks 17:30 vir die laaste keer gesien. Sy het ʼn denim, roomkleurige bloes en tekkies aangehad toe sy die laaste keer gesien is en het net haar beursie by haar gehad. Sy is Vrydag opgespoor.
Volgens die Pink Ladies, ‘n organisasie wat help om vermistes te vind, is die omstandighede om haar verdwyning privaat. “Die polisie, Pink Ladies-vrywilligers, haar familie en vriende het haar opgespoor. Die hulp van maatskaplike werkers is ingeroep en genesing kan nou begin,”het Nana Rechner van die organisasie gesê.
Die Pink Ladies het almal in hul netwerk bedank wat na Reynolds help soek het en haar inligting versprei het.