Vermiste KZN-vrou veilig opgespoor

Nadia van Wyk

Nadia van Wyk

Nadia van Wyk, ʼn 20-jarige vrou wat slegs 1.1m lank is, is veilig opgespoor nadat sy in KwaZulu-Natal as vermis aangemeld is.

“Die polisie het bevestig dat Van Wyk uit haar eie vrye wil die huis verlaat het,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder vir die polisie, Donderdag gesê. “Sy is Woensdag omstreeks 12:30 in Chatsworth aangetref. Sy is met haar familie herenig.”

Van Wyk het verlede week uit haar huis vermis geraak sonder om vir enigiemand te sê waarheen sy gaan. Volgens die polisie het sy nog nooit vantevore die huis sonder ʼn lid van haar nabye familie verlaat nie.

Lees ook:
Dwerg van KZN word vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.