Vermiste man dood aangetref

Michael Walter Clarke Foto: Facebook

Michael Walter Clarke (28) van Kaapstad wat sedert Saterdag vermis was, se liggaam is Woensdag opgespoor.

Die besonderhede rondom Clarke se dood is nog nie bekend nie. Clarke het by sy neef in Williamstraat in Brooklyn, Pretoria gekuier toe hy vermis geraak het nadat hy glo ‘n sigaret buite gaan rook het. Sy selfoon, sleutels, beursie en ander persoonlike items is in die huis agtergelaat.

Michael Walter Clarke Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae