Vermiste man dood aangetref

Jacques Calitz van Zyl

Jacques Calitz van Zyl (36) van Klapmuts in die Wes-Kaap wat op 8 Julie vermis aangemeld is, se liggaam is deur die polisie opgespoor.

“Van Zyl is op 10 Julie in Milnerton dood aangetref,” het ondersoekbeampte Amerika van die polisiestasie in Klapmuts aan Maroela Media gesê. Van Zyl is glo vir skisofrenie by ‘n inrigting in die gebied behandel en hy het uit dié versorgingsentrum ontsnap. Hy het nie sy medikasie saam met hom geneem nie. Die polisie vermoed nie vuilspel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.