‘Vermiste’ man dood gevind

Erhard Enslin

Erhard Enslin (27) is Saterdagoggend in ‘n motorongeluk oorlede maar sy familie het eers dae later uitgevind dat hy dood is.

Enslin se ma, Maritha, sê in die soektog na haar seun het hulle vasgestel dat sy laaste transaksie vroeg Saterdagoggend by die Total Petroport op die N12-suid plaasgevind het. Sy sê hoewel haar seun identifikasie by hom gehad het toe hy Saterdagoggend in ʼn botsing reg van voor oorlede is, het hulle eers dae later van sy afsterwe uitgevind. Maritha het ʼn op ʼn Facebook-groep, wat na haar seun se ‘verdwyning’ gestig is, geskryf: “Alhoewel hy sy beursie met al sy kaarte en rybewys by hom gehad het, is hy as ‘unknown’ hanteer, daarom dat ons dit nou eers hoor. Om te weet hy is nou veilig by die Here, is baie beter as om nie te weet waar hy is of wat met hom gebeur het nie. Ek wil nou sommer hier ook sê dankie aan een en almal van julle se gebede, oproepe, sms’e, whatsapps en FB boodskappe en besoeke sover. Baie dankie, ek kan rêrig nie almal antwoord nie, maar weet net ek waardeer elke boodskap en oproep. Baie liefde aan almal van julle.” Boodskappe van medelye het intussen ingestroom op die groep en Enslin se Facebook-profiel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.