Vermiste man: Geen vuilspel vermoed

Michael Walter Clarke Foto: Facebook

Geen vuilspel word vermoed in verband met die dood van Michael Walter Clarke (28) nie. Maroela Media het Woensdag berig dat Clarke van Kaapstad sedert Saterdag vermis was.

Clarke het by sy neef in Williamstraat in Brooklyn gebly en is Saterdag by die Brooklyn-polisie as vermis aangemeld. Hy was die laaste keer gesien nadat hy glo ‘n sigaret buite die huis gaan rook het. Sy selfoon, sleutels, beursie en ander persoonlike items is in die huis agtergelaat.

Luitenant Linda Jerling, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig Clarke se liggaam is Woensdag deur sy neef in ʼn kamer, wat nie in gebruik is nie, opgespoor. “Geen vuilspel word vermoed nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek,” het Jerling gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.