Vermiste man gevind

‘n 29-jarige man wat vroeër die week in Hatfield in Pretoria vermis geraak het is in Watloo gevind.

Gerrie Jansen van Rensburg het Dinsdagmiddag vermis geraak nadat hy sy pa vir ‘n vergadering in Hatfield afgelaai het. Sy pa het hom as vermis aangemeld nadat hy hom nie weer kom optel het nie. Die polisie vermoed dat Jansen van Rensburg Dinsdagmiddag gekaap is. Daar word berig dat Jansen van Rensburg vroeer vandag in sy motor se kattebak gevind is nadat die vermeende kapers daarvan ontslae geraak het. Intussen is die Tukkies-student Duncan Allen, wat tien dae gelede in Lynnwood vermis geraak het, steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico Strydom ·

Haai Adriana

Hy het nog geleef. Skies as dit nie duidelik in die berig na vore kom nie. Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.