Vermiste man het moontlik verdrink

Argieffoto

‘n Konstruksiewerker word by Main Beach in Richardsbaai vermis en die NSRI vermoed dat hy moontlik verdrink het.

Cornel du Toit, woordvoerder vir die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê die 38-jarige man is laas gesien toe hy naby dolosse saam met sy kollegas geswem het. “Vermoedelik het hy in ‘n sterk sleurstroom beland,” het Du Toit gesê. “Hy het glo met sy klere geswem en ons vermoed dat dit daartoe bygedra het dat hy in die moeilikheid beland het, aangesien die gewig van deurnat klere hom in die water moontlik afgetrek het.”

Du Toit sê reddingswerkers het tot laat in die aand na die man gesoek. Die soektog is opgeskort toe dit te donker geword het, maar sal Woensdag voortgesit word.

“Die polisie is in kennis gestel en hulle sal ‘n geregtelike doodsondersoekdossier open,” het Du Toit gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.