Die polisie sal ‘n geregtelike doodsondersoek uitvoer nadat ‘n man, wat al vir nege dae lank vermis word, se lyk Saterdag in ‘n dam in Kaapstad opgespoor is.
“Die polisie sal ‘n geregtelike doodsondersoek uitvoer nadat die liggaam in Du Noon opgespoor is,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder vir Kaapstad se rampbestuureenheid, gesê.
Babalo Githe (22) is nege dae gelede as vermis aangemeld.
‘n Kind het Saterdagmiddag in die omgewing gespeel en op die man se liggaam afgekom. Dit is nog nie duidelik hoe hy dood is nie.
“Die liggaam het duidelike kopbeserings gehad, maar dit is nie duidelik of hy aangerand of vermoor is nie. Hy kon ook die beserings opgedoen het toe hy moontlik in die dam geval het,” het Solomons-Johannes bygevoeg.
‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die dood bepaal.