Vermiste man oorleef maand lank op skoenlapper-dieet

Die bloutier-skoenlapper van Australië Foto: Wikimedia

Die bloutier-skoenlapper van Australië Foto: Wikimedia

ʼn Man van Australië wat verdwyn het, het ʼn maand lank op ʼn dieet van skoenlappers, skulpvis en vrugte oorleef.

Sephen Currie (40) was 15 kg ligter toe hy Dinsdag, 10 km ver van sy huis in Queensland, opgespoor is. Hy is op 29 Desember as vermis aangemeld.

Hy het aan die polisie gesê hy het gaan stap en het op pad terug verdwaal, berig die Cairns Post. ʼn Plaaslike inwoner het hom op ʼn bospaadjie aangetref.

“Ons het gedink hy is dood. Hy het net ʼn kortbroek aangehad, geen skoene of hoed nie. Hy het geen proviand by hom gehad nie,” het konst. Vince Marcel, woordvoerder van die polisie, aan Cairns Post gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.