Vermiste man sterf in ongeluk

ʼn 21-jarige man wat sedert verlede week vermis was se lyk is Maandagoggend in sy motor gevind buite Gonubie, naby Oos-Londen.

Lammert Belgrove is omstreeks 1:30 Donderdagoggend laas gesien waar hy die Tatyanka-nagklub in Abbotsford verlaat het. Hy is glo saam met van sy vriende na ʼn braai maar het glo ʼn kort rukkie later teruggegaan na die kroeg. Hy het glo een drankie gedrink voor hy weer met sy wit Toyota Hilux bakkie gery het. Sy gesin en vriende het ʼn reuse soektog van stapel gestuur en onder meer ʼn groep op Facebook begin en ʼn video op Youtube gelaai. Sy ouers het Maandagoggend op Facebook bekendgemaak dat hulle seun se bakkie Maandagoggend in die bosse gevind is langs die N2 tussen die Beacon Bay en Gonubie-opritte. Sy liggaam is in die bakkie gevind. Sy ouers sê op Facebook dat hy in ʼn botsing was en dit nie oorleef het nie. Belgrove was maar ’n week terug by sy ouerhuis in Oos-Londen nadat hy vir die vakansie van die Universiteit Stellenbosch teruggekeer het.

Belgrove se familie en vriende het die video op Youtube geplaas:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.