Vermiste mans: Liggaam van een dalk gekry

Foto: NSRI

Die polisie vermoed hulle het moontlik op die liggaam van een van die vier vermiste mans afgekom wat verlede Donderdag tydens ʼn visvanguitstappie vermis geraak het.

Jeffrey Wildeman, sy broer Llewellyn, Henry Waits en Roland Figland, is almal in hul veertigs en vyftigs en word vermis nadat hulle nie van ʼn visvanguistappie op die Keurboomsrivier, naby Plettenbergbaai, teruggekeer het nie.

Die liggame van Letitia Wildeman (43) en haar seun Luan (8), wat saam die mans op die boot was, is reeds gevind. Die gesin en vriende is almal inwoners van New Horizons in Plettenbergbaai. Drie persone en die visserboot word steeds vermis. Na wat verneem word, het die boot omgeslaan nadat dit ʼn sandbank getref het.

Dit is nog nie bekend wie se liggaam gevind is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.