Vermiste mans: Nog ʼn liggaam gekry

Foto: NSRI

Die polisie het Dinsdag bevestig dat hulle op nog ʼn liggaam afgekom het  van een van die vermiste mans wat tydens ʼn visvanguitstappie op Vrouedag vermis geraak het.

Vier lede van die Wilderman-gesin en twee van hul vriende was op ʼn klein vissersboot op die Keurboomsrivier toe dit glo omgeslaan het nadat dit ʼn sandbank getref het. Die boot het waarskynlik by die riviermond in die see ingespoel. Die gesin en vriende was almal inwoners van New Horizons in Plettenbergbaai.

Die liggame van Letitia Wildeman (43) en haar seun Luan (8), is kort na die ongeluk gevind. Verlede week is die liggaam van een van die mans gekry. Die liggaam van Llewellyn Wildeman (43) het oor die naweek op die kus van Port Elizabeth uitgespoel. Die visserboot en liggame van nog twee mans word steeds vermis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.