Vermiste meisie gevind

Bernadine Dreyer

ʼn 15-jarige meisie van Modimolle (Nylstroom) wat verlede week as vermis aangemeld is, is gevind.

Bernadine Dreyer (15) is verlede week Dinsdag laas omstreeks 20:45 by haar huis in Smithstraat, Modimolle, gesien. Missing Children berig dat Dreyer intussen gevind is en dat sy ongedeerd is. Die man saam met wie Dreyer gevind is, is intussen in hegtenis geneem en die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering. Daar is vroeër berig dat die polisie na Dreyer se ma se neef, Willie Roets (34), gesoek het aangesien hy die polisie moontlik in hul ondersoek kon bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.