Vermiste meisie: nuwe wending

Die saak van die vermiste Lucinda Laubscher (14) het Dinsdag ʼn wending geneem nadat die polisie bekendgemaak het dat sy in die geselskap van ʼn 23-jarige man gesien is.

Volgens Missing Children SA is Lucinda saam met ʼn man genaamd Zakaria (23) in Johannesburg. Hulle is moontlik in die Hills of Kenilworth areas. Zakaria ry ʼn blou Datsun King Cab met die registrasienommer LKP431GP. Lucinda is op 11 Junie laas gesien by haar huis in Table View in Kaapstad. Dit is in die stadium nog nie duidelik of Lucinda vrywillig by die man is en of sy moontlik ontvoer is nie.

Enigiemand met inligting kan Missing Children kontak by 072 647 74 64 of ao. Gouws by 079 397 0329.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.