Vermiste Midmar-swemmer se liggaam gevind

Herman van Straten

Herman van Straten

Die liggaam van Herman van Straten, wat tydens die Midmar-myl verdwyn het, is opgespoor, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

“Sy liggaam is Donderdag omstreeks 16:20, sowat 800m van die beginpunt, opgespoor,” het kapt. Lolly Moodley, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die reddingshonde het positief reageer en die rigting aangedui waar die liggaam uiteindelik opgespoor is.”

Van Straten (43) is Saterdag as vermis aangemeld nadat hy nie die resies voltooi het nie.

Nick Mellet het in 2011 tydens die 38ste-wedren verdwyn. Sy liggaam is vier dae later opgespoor. -SAPA

Lees ook:
Midmar-swemmer word steeds vermis
Soektog hervat vir Midmar-swemmer
Midmar-swemmer steeds vermis
Midmar-swemmer word vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.