Vermiste Midrand-student dood aangetref

ʼn Student van Midrand, Gauteng, wat vroeër die maand as vermis aangemeld is, is dood aangetref.

Philisande Ngum (19) se ontbinde liggaam is Woensdag in ʼn veld in Presidentpark in Midrand gevind, het The Star Vrydag berig.

Ngum was ʼn student aan die Midrand Graduate Institution en is die laaste keer by die Midrand-winkelsentrum gesien. Sy is daar glo deur iemand ontvoer. Ngum se ma, Catherine, het ʼn losprys van R1 500 in haar dogter se rekening inbetaal nadat ʼn man haar van Ngum se selfoon af gebel en daarop aangedring het.

Ngum se gesin het haar Donderdag uitgeken. Volgens die polisie word ʼn nadoodseondersoek gedoen om die oorsaak van haar dood te bepaal. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.