Die liggaam van die Naledi-munisipaliteit in die Vrystaat se bestuurder is Maandagmiddag naby Ladybrand gevind nadat hy oor die naweek as vermis aangegee is.
ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Thandi Mbambo, sê die liggaam van Thami Tukani (48) is Maandag in ʼn veld langs die N8, sowat vyf kilometer van Ladybrand, gevind. Thukani is Donderdag vir die laaste keer lewend gesien. ʼn Familievriend het Tukani se motor Saterdag verlate langs die N8 opgemerk en hy is kort hierna as vermis aangemeld. Volgens die polisie het Tukani geen sigbare beserings opgedoen nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van dood bepaal.