Vermiste oupa met Alzheimer’s veilig opgespoor

Kobus Kapp

Kobus Kapp

Kobus Kapp, ʼn 75-jarige man van Pretoria wat aan Alzheimer se siekte ly en vermis geraak het, is veilig opgespoor.

“’n Vrou het ons verlede Donderdag gebel en gesê my oupa is by hulle,” het Bianca Kapp, Kobus se kleinkind, Dinsdag aan Maroela Media gesê. Die vrou se tuinier het glo vir haar gesê hy deel al twee dae lank sy kos met ‘n ou oom.

“Ons het dadelik gery en hom gaan haal.” Die vrou bly naby aan Steve Biko-hospitaal en het Kobus herken uit die plakkate en foto’s wat sy op die internet gesien het. “Ons het hom dokter toe gevat en hulle het bevestig hy is perdfris, hy is net bietjie gedehidreer,” het Bianca bygevoeg.

Kobus het die vorige Sondag te voet uit Equestria in Pretoria vermis geraak.

Lees ook:
Oupa met Alzheimer’s word vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Griet ·

Ons is saam met julle dankbaar dat hy veilig is. Ek is seker baie het die ergste gevrees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.