Vermiste pediater dood gevind

Dr. Louis Heyns

Dr. Louis Heyns (59), ’n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch (US) en pediater by die Tygerberg-hospitaal wat sedert verlede Woensdagaand vermis word, is dood aangetref.

Kapt. FC van Wyk, het Donderdag aan Maroela Media bevestig Heyns se liggaam is Donderdagoggend in die vroeë oggendure in die Strand-omgewing gevind. Sy liggaam was in ʼn vlak graf onder ʼn boom naby die minigholfbaan in Kusweg begrawe.

Volgens Van Wyk het die polisie onverpoosd gewerk om Heyns te vind. Heyns se voertuig, ʼn donkergrys Peugeot 308, is by ʼn motorslaghuis (“chop shop”) in Malsmesbury opgespoor. Drie verdagtes is by die motorslaghuis in verband met Heyns se moord in hegtenis geneem. Na verdere ondervraging het een van die verdagtes die polisie na Heyns se liggaam geneem. Die verdagtes is onderskeidelik 32, 37 en 43 jaar oud, en moet binnekort in die Somerset Wes-landdroshof verskyn. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die ondersoek duur voort.

Maroela Media het Vrydag berig Heyns is Woensdag omstreeks 20:30 vir die laaste keer gesien nadat hy sy ouer broer in Somerset Wes gaan besoek het. Heyns het onderweg na sy huis in Welgelegen, sowat 40 minute se ry vanaf Somerset Wes, vermis geraak.

Lees ook:
Polisie soek steeds na vermiste pediater
Kaapse pediater steeds vermis
Kaapse pediater vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wena catherina Coetzee ·

My bloed kook van woede………En dit oor sy motor !! So n pragtige man en man van aansien………Sulke lae gemorste soos hulle moes nou geswaai het aan hulle nekke…………grrrr

Nita ·

Neem net ‘n lewe, en sommer dit wat nie aan jou behoort nie! Onmenslik!!!!

Berita Drescher ·

Dit wys weereens n lewe beteken vir party net mooi niks in hierdie land van ons nie. My innigste meegevoel met sy familie….mag ons Liewe Heer jul omvou met Sy liefde in hierdie baie moeilike tyd.

Sankie ·

AG, AG, AG!!!!!! HOE VERSKRIKLIK JAMMER OOR DIE MAN, EN VIR SY MENSE. HERE, KAN HULLE NIE MAAR DIE DOOD STRAF TERUGBRING NIE. KYK HOE VOL IS ONS TRONKE!!!!! HULLE PROP NET MEER EN MEER IN.

Winston Greyling ·

Hulle behoort gehang te word – ek is so woedend .. hulle is laer as slangspoeg.

andre wilmans ·

Only in South Africa does this happen daily and usless cops can do nothing about these criminals until it’s to late. It’s better for all of us to invest in Botswana, Zambia and Malawi and even Zim and lets this sespit of a country stew in it’s own juice until this usless gvt drowns in it’s sies liquid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.