Vermiste polisievrou dood gevind

Konstabel Bongiwe Precious Zuma

Die verkoolde liggaam van ʼn polisievrou wat sedert Dinsdag vermis is, is Vrydag naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gevind.

Volgens luitenant Joey Jeevan, ‘n polisiewoordvoerder, is die liggaam vir konstabel Bongiwe Precious Zuma in ʼn bos naby ʼn pad buite Thornville gekry. ʼn 32-jarige man is kort daarna aangekeer. Die man gaan binnekort in die hof verskyn.

Intussen het huldeblyke vir Zuma op Twitter begin instroom. Sy was ʼn lid van die Pietermartizburg-polisie.

ʼn Nadoodseondersoek is aangevra en ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.