Vermiste Potch-tiener gevind

Charmaine Roselyn Hendrikz

Charmaine Roselyn Hendriks, ʼn 16-jarige leerling aan Potchefstroom Hoër Meisieskool, wat sedert Maandag vermis was, is Donderdag opgespoor.

Elmarie Pretorius, ʼn woordvoerder van die organisasie People Search and Rescue Unit (PSARU), het Vrydag aan Maroela Media gesê Hendriks is veilig en ongedeerd opgespoor. “Ons het Woensdag verneem dat sy vermis word en het pamflette met haar inligting versprei. Sy is veilig en ongedeerd opgespoor en aan haar ouers se sorg oorhandig,” het Pretorius gesê.

Maroela Media het Donderdag berig Hendriks was die laaste keer omstreeks 15:10 deur ʼn onderwyser by die skool gesien. Sy het haar vlootblou skooluniform aangehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.