Vermiste PTA-man se liggaam gevind

André Kruger

ʼn Liggaam wat Saterdag in ʼn veld in Mamelodi-wes gevind is, is geïdentifiseer as die van André Kruger (42) wat die vorige aand in Sunnyside vermis geraak het.

Beeld berig dat Kruger Vrydagaand gery het om iemand te gaan oplaai en nooit weer gesien is nie. Sy motor is die naweek in Marble Hall gevind maar daar was geen teken van Kruger nie. Kruger se vrou het hom Saterdagoggend as vermis aangemeld by die Sunnyside-polisiekantoor. Die polisie het intussen kopgekrap oor ʼn lyk wat Saterdagoggend in ʼn veld in Mamelodi gevind is. Die oorledene het meswonde aan sy keel gehad en is aangerand. ʼn Speurder het die twee sake met mekaar verbind en Kruger se familie het sy lyk uitgeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.