Vermiste PTA-tiener dalk in Germiston

Carla Nel, ʼn 13-jarige tienermeisie van Pretoria, word sedert 5 Junie vermis en daar word vermoed dat sy dalk in Germiston mag wees.

Nel, ʼn leerling aan Laerskool Villieria in die Moot-omgewing, is op 5 Junie vir die laaste keer by haar ouerhuis gesien, het LookLocal Moot Vrydag berig.

ʼn Vermistepersoon-saak is by die Villieria-polisiestasie aanhangig gemaak. Na wat berig word, is Nel al vantevore by dié stasie as vermis aangemeld.

Adjudant-offisier Marinda Austin-Swanepoel, woordvoerder van die Villieria-polisie, doen ’n beroep op die publiek om op die uitkyk vir haar te wees. Sy het ’n blou sak in haar besit gehad.

Enigiemand met inligting kan Austin-Swanepoel bel by 072-319-9119.

Bron: LookLocal Moot

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.