Vermiste PTA-tiener opgespoor

Ashely van Zyl, ‘n 17-jarige meisie van Garsfontein in Pretoria wat sedert 13 Januarie vermis word, is opgespoor.

Ashely is ʼn leerling aan die Hoërskool Garsfontein en is die laaste keer deur haar stiefpa gesien toe hy haar om 15:00 op die 13de Januarie by die skool afgelaai het. Volgens die Pink Ladies, ʼn organisasie wat help om vermiste persone op te spoor, het hulle Donderdag die goeie nuus gekry dat Van Zyl veilig terug by die huis en ongedeerd is. “Ons bedank almal wat help soek het na haar. Die genesing kan nou begin,” het die organisasie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.