Vermiste Pta-vrou se gebrande liggaam gekry

Die verbande liggaam van ʼn vrou wat ʼn maand terug as vermis aangemeld is, is Dinsdagoggend in ʼn oop veld in Die Wilgers, in die ooste van Pretoria, gevind.

Volgens kaptein Jan Sepato, ʼn woordvoerder van die Silverton-polisie, het ʼn voetganger op die erg ontbinde liggaam afgekom.

“Die oorsaak van die vrou se dood is nog nie bekend nie. Ons vermoed die liggaam is in ʼn veldbrand verbrand wat Vrydag in die gebied ontstaan het,” het Sepato aan Maroela Media gesê.

Die liggaam pas by die beskrywing van ʼn vrou wat op 22 April in die omgewing as vermis aangemeld is. “Sy het die selfde klere waarin sy laaste gesien was aangehad. Sy is ook deur familie aan haar bril, wat langs haar gelê het, uitgeken;” het Sepato gesê.

Die polisie is besig om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.