Vermiste sakeman: Twee met saak verbind

Nazeer Mohammed

Twee mans van Musina is Sondag in hegtenis geneem en word verbind met ʼn saak van ‘n besigheidsman wat al vir meer as ʼn maand lank vermis word.

Maroela Media het vroeër berig Nazeer Mohammed, ʼn gebruiktemotorhandelaar, word sedert 7 Desember vermis.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, sê besittings van Mohammed is in die verdagtes se besit gevind. Mulaudzi het gesê die ondersoek is in ʼn sensitiewe stadium en die polisie kan tans nie meer inligting bekend maak nie.

Mohammed is die laaste keer by sy motoragentskap in Julesstraat, Belgrava in Johannesburg gesien toe hy saam met twee mans in ‘n voertuig geklim het. Hy is die volgende dag gesien toe hy saam met drie ander mans in ‘n voertuig gery het. Sy gesin het die volgende dag ‘n telefoonoproep ontvang oor ‘n losprys, maar die besonderhede was nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.