Vermiste Sandton-slang opgespoor

Die vermiste 3.5m-lange luislang is Maandag onder ʼn hoop rommel in Sandton opgespoor.

Die slang, genaamd Gabbana en ʼn ander, Dolce, het Woensdag uit hul eienaar, Angi Latimer se huis in Tugelasingel ontsnap nadat hulle deur diefwering geseil en die deurhandvatsel afgedruk het. Dolce is later dieselfde dag in die swembadpompkas gevind. “My tuinier het Gabbana onder ʼn hoop rommel in die tuin opgespoor. Hy was vuil maar ongedeerd en hy het twee paddas gehad wat hom besig gehou het,” het Latimer gesê. Sy sê Gabbana was blind weens die feit dat hy oor sy oë begin vervel het. “Hy is weens vervelling blind, maar sodra die vel afval sal hy weer reg wees.” Latimer sê sy het Gabbana gebad om seker te maak hy het geen beserings opgedoen nie. “Ek is so verlig dat Gabbana nou weer veilig in sy vogtige kamer is.” Latimer het bygevoeg dat, alhoewel die slang vir ʼn week lank nie gevoer is nie, hy nie die paddas geëet het nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.