Vermiste seiljag glo aan Mosambiekse-kus gevind

Die Suid-Afrikaanse seiljag met sewe mense aan boord, onder wie twee Suid-Afrikaners, wat vermis geraak het op ’n vaart tussen die eiland Mayotte en Pemba, is glo aan die Mosambiekse kus gevind.

Beeld het vroeër berig dat daar Dinsdagaand laas van iemand aan boord die seiljag gehoor is wat op ʼn vaart was tussen die eiland Mayotte in die Indiese Oseaan en Pemba in die noorde van Mosambiek. Die dagblad het later berig dat die seiljag sowat 20 seemyl van Pemba gevind is. Die eienaar van die jag, Roger Hartley, het aan EWN gesê dit blyk dat die Dandelion se bemanning en passasiers veilig is. Beeld het berig die kaptein van die jag is John Sergel, ʼn Suid-Afrikaner van Durban, terwyl sy medeskipper, Izabelle Moallic ʼn Franse burger is. Saam hulle op die jag is Gianvieve Mancuso, ’n Amerikaanse vrou, en haar Duitse man, Alexander Weyhe, ʼn Brit Jason Morenikeji, nog ‘n Suid-Afrikaner Frank Joubert en Jasper van Straaten van Nederland. Die jag moes Vrydag in Pemba aangekom het. Die passasiers het almal in Pemba, ’n groeiende toerismemekka in Mosambiek, gewerk.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.