Vermiste sendelinge veilig gevind

Barnard (links) en Van Coller

Barnard (links) en Van Coller

Die twee Suid-Afrikaanse sendelinge wat op pad na ʼn uitreikaksie in Namibië vermis geraak het, is ongedeerd gevind.

Jacques Barnard (45) en Gordon van Coller (50) is as vermis aangemeld nadat daarop 31 Januarie laas van hulle gehoor is. Barnard se ma, Adriana Smeaton, het intussen op haar Facebook-blad bevestig dat hulle gevind is: “Jacques Barnard en Gordon van Coller is veilig, hy het pas Suid-Afrika binnegekom. Lof aan onse God wat tot in alle ewigheid regeer.” Nog ʼn familielid, Jackie Barnard, het gesê: “Dankie vir almal se gebede. Jacques is fine het pas van hom gehoor, hulle was in Namibië en het nie opvangs gehad nie.”

Maroela Media het vroeër berig dat Barnard en Van Coller die aand van 31 Januarie glo in ʼn grot by Doringbaai aan die Weskus sou oornag het voor hulle die volgende dag die grens na Namibië sou oorsteek.

Lees ook:
Twee sendelinge vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.